Chris Haycock bied Bonnies bemarkingsles

Op 15 Mei 2018 het mnr. Chris Haycock (Uitvoerende Hoof van Samsung Business Solutions Western Cape en borg van Voorwaarts-skoolkoerant) Hoërskool Bonnievale (HSB) se Besigheidstudiesklasse besoek.
Mnr. Haycock het ‘n vraag-en-antwoord-sessie vir die leerders aangebied waarin hy die leerders insig gegee het oor hoe om sukses te bereik. Hy het ook die leerders meer agtergrond gegee oor die wêreld van bemarking.
Volgens mnr. Haycock is daar geen geheim in bemarking nie. Sy raad is dat dit belangrik is dat jy eerstens ‘n goeie indruk van jouself moet skep. Dit sal mense se aandag lok.
Die leerders het hierdie sessie geniet en dit was vir hulle van groot nut.
“Dit was vir my inspirerend om van iemand te hoor wat sukses behaal het in ‘n moeilike afdeling van ons ekonomie, soos bemarking. Ek kyk nou met nuwe oë na advertering as geheel,” was die woorde van Francois Tredoux (gr.12).
Mnr. Haycock is bekend onder HSB se redaksie. Hy en sy besigheid, Samsung Business Solutions Western Cape, is die trotse borg van Voorwaarts (HSB se skoolkoerant).
Mnr. Haycock is in Engeland gebore en werk nou al vir sewentien jaar in Suid-Afrika. Hy het voorheen by Canon gewerk, maar is tans ‘n verkoopsagent en Uitvoerende Hoof van Samsung Business Solutions Western Cape.
“Ek het self hierdie sessie geniet en glo dat dit ‘n positiewe bydrae sal maak in die leerders se toekoms,” is die woorde van mnr. Alridge Mercuur (Besigheidstudiesonderwyser van HSB).
Lees ook Janke Brink se onderhoud, “IMAGINE Voorwaarts in Colour…“, met mnr. Haycock.

I am a friendly young man. I fully enjoy life. I like laughing and joking. I’m also a brave sportsman. I fully understand my talents and work hard for what I want to achieve.