Bonnies ry dat stof staan

Bonnies ry dat stof staan


Luca (links) en Mynardt (regs) by hulle motorfietse. Foto: Verskaf

Twee leerders van Hoërskool Bonnievale het onlangs stof in die oë van ander motorfietsryers geskop.

Mynardt Rademeyer (gr. 6) en Luca Rademeyer (gr. 2) het in rondte ses van die Western Cape Regional Off Road Championship 20 Julie in Worcester plaasgevind puik presteer. Mynardt het ‘n afstand van 72km gery en ‘n eerste plek behaal. Vir die jongste ryer in sy klas het Luca die vierde plek vir die dag gekry.

Me. Carla Rademeyer, ma van Luca en Mynardt, vertel: “Hierdie mamma is ongelooflik trots dat hulle klaargemaak het, ongeag die trane, einas, moegheid en koue blou handjies Saterdagoggend toe hulle al halfag moes wegspring.”

Mynardt en Luca het ook vroeër die jaar mooi presteer met hul fietse. Op 4 en 5 Mei hulle deelgeneem aan die Koue Bokkeveld Rondte 4 en 5 van die Western Cape Regional Series en National Cross Country Championship. Dit is ‘n motorfietskompetisie wat ‘n groot geleentheid is en motorfietsryers kom van regoor die land om aan dié kompetisie deel te neem.

Op 4 Mei het Mynardt 50km gery in twee uur en eerste geëindig vir die dag. Luca het 25km gery in twee uur en ‘n vyfde plek behaal vir die dag.

Op 5 Mei eindig Mynardt tweede nadat hy 75 km gery het. Luca het 50km gery en verwerf ‘n vyfde plek.

Loading


One Reply to “Bonnies ry dat stof staan”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

5 × 3 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights