Bonnies is Immer Afrikaans in ATKV Olimpiade

Rachelle du Preez (gr.11) en Rachel Jonker (gr. 12) het puik presteer in vanjaar se ATKV Senior Afrikaanse Olimpiade.
Rachelle het ‘n tweede plek en Rachel ‘n agste plek behaal in die Wes-Kaap. Hulle het ook nasionaal presteer: Rachelle is vyfde en Rachel beklee die dertiende plek.
Die hele vraestel het bestaan uit multi-keuse vrae. Hulle het die vraestel by die skool geskryf. Dit het ongeveer drie uur geneem om die vraestel te voltooi.
Rachelle se kommentaar oor die olimpiade was: “Ek het dit baie geniet. Dis iets waarvan ek baie hou en ek is dankbaar teenoor die Here dat dit so goed met my gegaan het. Dit is ‘n lekker uitdaging om aan deel te neem en om jouself bietjie te toets.”

Ek hou daarvan om te dans, te lees en na musiek te luister.
One Reply to “Bonnies is Immer Afrikaans in ATKV Olimpiade”
So ongelooflik trots op jou Rachelle. Jy is ‘n puik dogter en ons hou jou toekoms met opgewondenheid dop. Voorwaar ‘n mensie op wie haar ouers en grootouers oneindig trots kan wees. Liefde, oom Tom en Tannie Maryna.