Author: Rachelle du Preez

Ek is 17 en 'n trotse leerder van Hoërskool Bonnievale. Ek speel graag klavier en enige sportsoort waar ek mense 'per ongeluk' met 'n bal kan raakgooi. Ek is ewe lief vir skryf, lees en om op die redaksie van die Voorwaarts te wees.
LO-prakties: uitdaging of teleurstelling?

LO-prakties: uitdaging of teleurstelling?

Lewensoriëntering se praktiese komponent (LO-prakties) is ‘n periode wat menige leerders al ‘n moedelose sug laat gee het. Of soms ‘n sug  van verligting laat slaak het. Dit is ‘n uur wat weekliks dwarsoor Suid-Afrika tydens skoolure gebruik word vir praktiese aktiwiteite soos atletiek, netbal en tennis. Volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleids (NKABV /…

Read More Read More

Skool-taskenades

Skool-taskenades

In sy kanon in. Kas toe. Nie meer in die land van die funksionerendes nie. Dis maar net ‘n paar woorde waarmee ek die toestand van my skooltas kan beskryf. Ja, liewe leser, dis die begin van 2019 en ek is in die moeilikheid. Ek is ‘n persoon wat daarvan hou om doelwitte  vir myself…

Read More Read More

Stroomop samel sterre in

Stroomop samel sterre in

Sterre: 4/5 ‘n Avontuurfilm uit die boonste rakke met geen Indiana Jones of James Bond as die hoofkarakter nie, maar vyf doodgewone, diverse vroue. Waarskuwing: Stroomop is uit die staanspoor ‘n tranetrekker met openingstonele in ‘n begrafplaas, by ‘n ongelukstoneel en in die hospitaal waar een van die hoofkarakters, Lana (Donnalee Roberts), as ‘n chirurg…

Read More Read More

HSB op die planke

HSB op die planke

Dis doodstil in die saal. Die enigste klank is dié van die gordyne wat tsjjj-tsjjj oopgetrek word. ‘n Enkele, verblindende kollig is op die verhoog gerig. Die gehoor hou hul asem op, en leun vorentoe… Hoërskool Bonnievale (HSB) gaan vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd ‘n toneelstuk op die planke bring. Die eerste…

Read More Read More

Voorwaarts Skoolkoerant