Hoe om jouself lief te hê

Hoe om jouself lief te hê


Selfliefde is ‘n toestand van waardering vir jouself. Dit is om opbouend teenoor jouself op te tree, jouself te vertrou, te respekteer en na jouself om te sien. Jy oordeel nie jouself nie, en is beslis nie gemeen teenoor jouself nie. Jy het jouself lief.

Jy is genoeg! (Foto: createthelove.com)

Ongelukkig is selfliefde nie vir almal ewe maklik nie. Tieners is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Hulle sukkel om hulself lief te hê en daar is verskeie faktore wat ‘n rol hierin speel. Dinge soos groepsdruk, druk om te presteer, liefdesteleurstellings, boelies en vele meer.

Die vraag is egter:

Hoe kan jy liewer word vir jouself?

1. Wees selfversekerd

Wees seker dat jy weet wat jy dink, voel en wil hê. Moenie bang wees om jou idees en opinies met ander te deel nie.

2. Aanvaar jouself vir wie jy is

Daar sal altyd iemand wees wat jou probeer afbreek, maak nie saak hoe perfek jy probeer wees nie. Moenie toelaat dat hulle jou afbreek nie! Die kanse is goed daardie mense slegs jaloers op jou is.

3. Beoefen goeie selfversorging

Jy sal meer van jouself hou as jy na jou basiese behoeftes omsien. Jy moet jouself daagliks met gesonde kos, oefening, goeie slaap, en gesonde sosiale interaksies voed.

4. Denkwyse

Jy is jou enigste maatstaf, want elke persoon is uniek. Moenie jouself aan ander meet nie. Daar is ‘n stelling wat sê dat die lewe soos ‘n toets is. Baie probeer om by ander af te kyk, net om te besef dat elkeen ‘n ander vraestel het!

5. Geselskap en Vriendekringe

Omring jouself met opbouende en ondersteunende mense wat jou lief het vir wie jy is, nie vir wat jy het of hoe jy lyk nie. Maak ware vriende in wie se geselskap jy goed voel oor jouself en wat jou aanmoedig om jouself te wees.

Behandel jouself soos jy iemand vir wie jy omgee sou behandel!

As jy jouself meer wil waardeer, kyk hierna:

Of luister na hierdie liedjie:

 

Hierdie is slegs ‘n paar bekragtigings wat ‘n groot verskil kan maak! (Foto: solancha.com)

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

five × two =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights