Het HSB se redaksie blitsbreine?

Het HSB se redaksie blitsbreine?


Advertensie vir die Blitsbrein kompetisie. Grafika: Netwerk24

Op Vrydag 9 Julie het die Voorwaarts-redaksielede van Hoërskool Bonnievale (HSB) aan Netwerk24 se aanlyn Junior Blitsbrein-kompetisie deelgeneem.

Die redaksielede van graadnege, -tien en -elf het aan die kompetisie deelgeneem.

Blitsbrein is ‘n kompetisie wat leerders se algemene kennis toets.

Op Donderdag 8 Julie het die leerders ‘n oefenrondte van 20 vrae, wat die leerders in ‘n tydperk van tien minute moes voltooi, afgelê. Op die dag van die kompetisie kon redaksielede tussen 14:00 en 17:00 op die webblad inteken en dan ‘n totaal van 100 vrae binne 20 minute voltooi.

Die kompetisie is in twee kategorieë verdeel. Kategorie een is vir graad 8’s en 9’s en kategorie twee is vir graad 10’s en 11’s. ‘n Eerste, tweede en derde posisie sal in elke kategorie aangewys word. Die wenners sal elk ‘n kontantprys vir hulself en die skool wen. Die waarde van die kontantprys vir die eerste plek is R10 000.

“Die kompetisie was ‘n uitdaging, maar dit was groot pret,” sê Alicha la Grange (Gr. 9-redaksielid)

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

four + nineteen =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights