Waar ‘n “Will” is, is ‘n weg

Waar ‘n “Will” is, is ‘n weg


Mnr. Shawn Will, die nuwe onnie by Hoërskool Bonnievale. Foto: Anika Hamersma

‘n Nuwe skoolberader en onderwyser is vanaf Januarie 2018 in Hoërskool Bonnievale se gange te sien. Mnr. Shawn Will is in Potgietersrus gebore en het in Kemptonpark grootgeword. Hy het sy skoolloopbaan aan Hoërskool Birchleigh voltooi. Anika Hamersma van Voorwaarts het met hom gesels.

Wat was vir Meneer die lekkerste oomblikke toe Meneer nog op skool was?
Dat my dag beplan was, met ander woorde ek het opgestaan, ek het skool toe gegaan, ek het geweet ek moet my akademie doen, ek het deelgeneem aan sport en was weer terug by die huis.

Wat is vir Meneer onregverdig in vandag se samelewing?
‘n Siening oor sekere kulture, dat jy onregverdig behandel word of voorkeur kry as gevolg van die kleur van jou vel.

Wat is Meneer se doelwit?
Dit is om te lewe sodat my lewe iets kan weerspieël vir iemand anders.

Vir watter beroep het Meneer studeer?
Ná skool het ek die geleentheid gekry om my ambag te doen en het gekwalifiseer as ‘n ambagsman, toe spaar ek om pastorale berading te studeer.

Is daar ‘n spesifieke wegbreekplek waar Meneer graag vakansie gaan hou?
Struisbaai, want dis lekker naby en by die see.

Sal Meneer dalk eendag in ‘n ander land wil woon en hoekom?
Nee, want ek voel hier is baie werk en bedieningsgeleenthede vir my.

Wat is vir Meneer romanties?
Uitsondering, want ek voel as ek my vrou elke aand vat om te gaan fliek gaan dit na ‘n maand vervelig raak, maar om elke maand iets anders te doen kan ook romanties wees.

Beskryf Meneer se persoonlikheid in vier woorde.
Introvert, avontuurlustig, opreg en eerlik.

Wat is Meneer se gunstelingmaaltyd?
Sushi.

Wat is Meneer se stokperdjies?
Ek hou van gholf, squash, netbal en avonture.

Waar sien Meneer Meneer oor vyf jaar?
Ek is regtig nie seker nie. Net wanneer ek dink ek het stabiliteit bereik, voel ek dinge verander, want ek is in die bediening en ek gaan waar die Here my wil hê.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

twelve + nine =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights