Wees paraat teen bedrog!

Wees paraat teen bedrog!


Wees versigtig! Foto: prod.coventrytelegraph.net

Was jy al geraak deur die gedurige bedrogspul wat deesdae voorkom?

Orals waar jy kyk of luister, sien en hoor jy van sulke gebeurtenisse. Soos mense wat geld verloor as gevolg van ‘n item wat spotgoedkoop verkoop word, maar eintlik ‘n namaaksel is. Wie kan dan ‘n “winskopie” miskyk?

Ook soos gesteelde goedere wat aan ‘n onwetende verkoop word en waar mense hulle bankbesonderhede oorhandig sonder om twee keer daaroor te dink.

Baie keer word daar goed gesteel en dan aan die gewone mens op straat verkoop. Wat maak jy wanneer die polisie by jou deur kom klop vir die items? Jy verloor dan jou item en jou geld. En wie sê daar word nie ‘n saak van diefstal teen jou gemaak nie?

Mense in ons dorp, Bonnievale, is al gekontak op hulle landlyne en op hulle selfone oor hulle bankkaarte wat gekloon is. Die persoon aan die ander kant sê dat hulle van die hoofkantoor in Johannesburg is en dat die bankkaart op ‘n vêr, afgeleë plek gebruik is. Dan vra die skelm die arme mense vir hulle bankbesonderhede om die probleem te kan stop. Mense gee die besonderhede, minwetend dat dit ‘n bedrogspul is. Wees versigtig daarvoor en moet nooit jou inligting sommer gee nie. Gaan eerder bank toe.

Wees ook paraat as dit kom by sosiale media. Daar kan ‘n valse advertensie wees wat enige mens kan flous. Vertrou jou instink, as dit te goed lyk om waar te wees, dan is dit gewoonlik.

Onthou, eerder bang Jan as dooie Jan.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

sixteen − 10 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights