Vuur en vlam, amper aan die brand!

Vuur en vlam, amper aan die brand!


Op die 25ste Januarie het daar ‘n brand ontstaan in die Suurvlakte-area. Die vuur het van daar af in twee lyne verdeel. Die een lyn het na Wolseley se kant op die Obiquaberg (ook geken as die Watervalberg) geloop. Die tweede lyn het versprei na Wellington se kant toe.

Teen die 26ste het die vuur versprei tot in die Fairy Glen Wildreservaat by Worcester. Daar was drie leeus (een mannetjie en twee wyfies) in die vuur vasgekeer op die plaas. Hulle het ernstige brandwonde aan hul pote, oë, monde en bors opgedoen. Dit het tot sekondêre infeksies gelei. Al drie was gedehidreer en daar is brandwonde op die leeumannetjie se tong waargeneem. Hulle is op eerste Februarie uitgesit.

Volgens ‘n artikel (gepubliseer op 8 Februarie in Worcester Standard) het mnr. Pieter de Jager (van Fairy Glen) gesê: “Ek was Donderdag in ‘n vergadering met mense van natuurbewaring en die dierebeskermingsvereniging (DBV) toe Kayla haar daaglikse inspeksie van die leeus gaan doen het. Sy het toe onmiddellik opgelet iets is fout.”

Die drie leeus wat in die vuur vasgekeer was wat op 26 Januarie na die Fairy Glen Wildreservaat buite Worcester versprei het. Foto: Verskaf

Die vuur het nie daar gestop nie. Op 5 Februarie het die vuur al versprei tot in Brandvlei buite Worcester. Dit het onbeheersd bo in die berghange gewoed. Een van die store by die Brandvlei-gevangenis het vlam gevat en tot as verbrand.

Altesaam moes 349 gevangenes ontruim omdat hulle so naby aan die brandlyn was. Hulle is suksesvol verskuif en niemand het ontsnap nie. Die meeste van hulle is na ander geboue op die perseel verskuif. Die jeug-gevangenes is na ander tronke naby jeugtronke verskuif.

Die stoor wat tot niet gebrand het se struktuur het bestaan uit sinkplaat. Daar was verskeie goedere daarin gestoor. Dit het van skryfbehoeftes tot eiers bevat. Tydens die inspeksie was daar steeds massiewe vlamme wat teen die Brandvlei-berghange gebrand het.

Verskeie mense van die gemeenskap het dadelik ingespring om te kom help en hulle het ná ‘n lang ruk sukses behaal.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

9 + sixteen =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights