Vryburgers voel vrygewig

Die Bonnievale Vryburgers het op 6 Maart 2018 tydens ‘n Klub 100-funksie in Hoërskool Bonnievale se klubhuis ‘n tjek van R70 000 vir verskeie organisasies in Bonnievale omgewing geskenk.
Die Bonnievale Vryburgers is ‘n nie-winsgewende organisasie wat verskillende projekte aanpak om geld in te samel om verskeie ander organisasies finansieel te help.
Die organisasies wat op 6 Maart skenkings van die Vryburgers ontvang het, is: Hoërskool Bonnievale, Irena Coetzee Kleuterskool, Bonnievale Hospice, Herfsvreugde Ouetehuis, Bonnievale Dienssentrum, Swellendam SPCA, Middelrivier Primêr, Maraisdal Primêr en Happy Valley Dienssentrum.
Mnr. Hennie de Wet, stuurman van die Vryburgers, sê dat hulle vir dié organisasies geld geskenk het omdat sommige van die organisasies briewe geskryf het om hulp en ander organisasies is organisasies vir wie die Vryburgers nou al omtrent 20 jaar lank help.
Die Bonnievale Vryburgers kry jaarliks hulle fondse deur verskillende borge en insamelings soos ‘n gholfdag en ‘n biefstuk (steak)-ete.
Behalwe vir die R70 000 wat hulle geskenk het, doen die Vryburgers ook ander aktiwiteite soos die Kos vir Kinders-projek waartydens hulle een keer per week pakke Corn Flakes-ontbytpap by Kapteintjies Dagsorg, Laerskool Wakkerstroom-Oos en Happy Valley Dienssentrum uitdeel.
Die organisasies is baie dankbaar vir die ondersteuning wat die Vryburgers bied.

Ek is ‘n plaasmeisie. Ek hou van kuns en musiek. Ek geniet dit om al die nuwe modes te sien en ek hou daarvan om te skryf.