Vielen Dank, Freundeskreis

Vielen Dank, Freundeskreis


Mnr. Johan Els praat met die Freundeskreis-verteenwoordigers wat HSB op 1 Maart besoek het. Foto: Verskaf

Freundeskreis het hul helpende hande nog verder uitgesteek nadat hulle die skool op 1 Maart 2018 besoek het.

Freundeskreis is die Duitse vriendekring wat opheffingswerk in ons skool en gemeenskap doen deur finansiële bystand te bied aan leerders wat die potensiaal het om akademies te presteer.

Hulle het ongeveer sewe jaar gelede, deur toevallige kontak met die skoolhoof, mnr. Johan Els, by Hoërskool Bonnievale (HSB) betrokke geraak.

Freundeskreis help die skool deur jaarliks ‘n bedrag in te betaal by die skool. Die projekte waarvoor dit aangewend word, moet deur die skoolhoof geïdentifiseer word en aan die Freundeskreis-direksie voorgelê word. As hulle daarmee tevrede is, word die geld beskikbaar gestel en aangewend tot die leerders se voordeel.

Tydens hulle jaarlikse besoek, oudit die Freundeskreis-direksie al hulle uitgawes.

Kandidate vir hierdie ondersteuning word gekeur op grond van ‘n kriteria wat deur Freundeskreis opgestel is. Toetreders moet aan ‘n sekere akademiese standaard en ander kriteria soos betrokkenheid en potensiaal voldoen.

Die beurs word toegeken aan leerders tot in gr.12.

‘n Aantal leeders wat die beurs gekry het, ontvang finansiële hulp om in die koshuis te bly. Daar is ‘n aantal nie-koshuisleerders wie se middagetes tydens die winterseisoen betaal word. ‘n Bedrag word in gekeurde leerders se skoolrekening betaal. Daar is jaarliks nuwe toetreders wat tot ‘n sekere bedrag klere mag aanskaf by die Skoolkas, die klereverskaffer aan Hoërskool Bonnievale. Hierdie klererekening word dan deur die Freundeskreis betaal. Geen geld word aan die leerders of hul ouers oorbetaal nie.

Leerders wat nie akademiese sukses behaal nie óf op grond van swak gedrag of onbetrokkenheid nie meer aan die kriteria voldoen nie, verbeur die beurs.

Mnr. Els is baie positief oor Freundeskreis se besoek. Hulle betrokkenheid neem jaarliks toe en hy glo dat hulle ‘n reuse verskil gaan maak in ons streek se leerders se lewens.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

twenty − 3 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights