Uitslae: Bonnies beleef gemengde welslae teen Robertson

Op Woensdag 25 April 2018 het Hoërskool Bonnievale se hoërskoolrugby- en netbalspanne die spanne van Hoërskool Robertson die stryd aangesê. Die wedstryde het op die Bonnies se tuisveld plaasgevind.
Daar het nege netbalspanne en vier rugbyspanne deelgeneem aan die kragmeting, waarvan sewe spanne as oorwinnaars uit die stryd getree het.
So het die tellings gelyk:
O.15A-netbalspan: 8-20 verloor
O.15B-netbalspan: 4-15 verloor
O.16A-netbalspan: 21-11 gewen
O.16B-netbalspan: 17-15 gewen
O.17A-netbalspan: 17-8 gewen
O.17B-netbalspan: 13-9 gewen
O.19A-netbalspan: 24-38 verloor
O.19B-netbalspan: 15-10 gewen
O.19C-netbalspan: 5-28 verloor
O.15A-rugbyspan: 19-29 verloor
O.16-Sewesrugbyspan: 19-21 verloor
O.19A-rugbyspan: 22-7 gewen
O.19B-rugbyspan: 17-10 gewen
Janke Brink, netbalspeler van die o.19A-netbalspan, het die volgende oor die dag te sê gehad, “Al het ons ons [eerste netbalspan] wedstryd verloor gaan ons volgende keer net harder probeer om te wen, maar dit was ‘n baie lekker wedstryd en ek is baie bly vir en trots op die eerste rugbyspan wat gewen het.”

Ek probeer om die lewe lig te hou.