Tot siens Bonnievale, hallo Keimoes
Juf. Billy-Jean Rossouw het die afgelope twee jaar by HS Bonnievale skoolgegee, maar ongelukkig verlaat sy die Bonnies aan die einde van die jaar. Dalicia Manho van Voorwaarts het ʼn onderhoud gevoer met dié Besigheidstudiesonderwyseres.

Waarvandaan kom Juffrou oorspronklik?
Ek is oorspronklik van Keimoes in die Noord-Kaap, wat 45 kilometer vanaf Upington is.
Hoe het Juffrou dit die afgelope twee jaar hier by Hoërskool Bonnievale ervaar ?
My ervaring hier by Hoërskool Bonnievale was baie goed, waar ek baie geleer en gegroei het. Elke dag was nie maklik nie, maar daar was altyd iets om voor dankbaar te wees.
Waar gaan Juffrou nou skoolgee?
Ek gaan weer in die Noord-Kaap skoolgee.
Is Juffrou emosioneel gereed om alles hier in Bonnievale agter te laat en met ʼn nuwe avontuur te begin?
Ek is meer as gereed om hierdie nuwe avontuur aan te pak, ek sal sê “nervously excited”.
Hoe was dit vir Juffrou toe Juffrou die eerste keer in Bonnievale aangekom het?
Daar was dae wat dit nie vir my maklik was nie, maar hier staan ek steeds.
Watter herinneringe is daar van die leerders asook personeel wat Juffrou altyd sal koester?
Ek gaan die leerders ongelooflik baie mis. Spesiale verhoudinge was gevorm met die leerders en ek belowe om altyd in kontak te bly. Dankie aan Hoërskool Bonnievale vir die geleentheid wat ek gekry het om hier te kon skoolhou. Dankie vir elke personeellid, leerder, nie-doserende personeellid, koshuispersoneel en ouer wat ons met ope arms ontvang het. Mag die GROENMASJIEN steeds IMMER VOORWAARTS gaan.
