The Twits: Ape met goue ringe bly lelike dinge

The Twits: Ape met goue ringe bly lelike dinge


Die wêreldbekende skrywer, Roald Dahl, se minder bekende boek, The Twits, is beslis vir my ‘n meesterstuk.

Roald Dahl was ‘n spioen, sjokolade-deskundige, aas-vegvlieënier en mediese ontdekker. Hy is ook die skrywer van Charlie en die sjokoladefabriek, Matilda en Die GSR, wat staan vir Die Groot Sagmoedige Reus (The BFG in Engels).

Quentin Blake het meer as 300 van Roald Dahl se boeke geïllustreer. Hy het gesê dat Roald Dahl se boeke sy gunsteling was om te illustreer.

Die uitgewer van The Twits is Puffin Books.

Hierdie vyfster-boek is omtrent ‘n komedie. Die boek handel oor ‘n stokou getroude paartjie.

Die hoofkarakters in is Meneer en Mevrou Twit, sowel as ‘n voël genaamd The Roly-Poly Bird, wat eg aan Afrika is, en hulle troeteldiertjies The Muggle-Wump Monkeys.

Die hoofkarakters
Die hoofkarakters soos voorgestel deur Quentin Blake. Foto: Pinterest.com

Beide Meneer en Mevrou Twit is uiterlik en innerlik baie lelik. Roald Dahl het gesê die rede hiervoor is dat indien jy slegte/ lelike/ negatiewe/ kwaadaardige gedagtes deur die jare het, sal dit op jou liggaam en gesig begin wys. Albei het baie lelike gadagtes gehad; daarom was hulle eens op ‘n tyd popmooi, maar vergaan nou met tyd.

Mevrou Twit wat al hoe leliker word deur die jare. Foto: The Twits, 2016 Puffin Books-uitgawe.

Meneer en Mevrou Twit hou daarvan om mekaar vir ‘n grap te vat en wraak te neem op mekaar. Hulle bak gereeld poetse, byvoorbeeld: Mevrou Twit sit wurms in Meneer Twit se spaghetti. Toe hy vra waarom dit so bitter smaak, sê sy net met ‘n grynslag op haar gesig dat dit ‘n nuwe soort is.

Meneer Twit eet sy wurm-spaghetti. Kunstenaar: Quentin Blake (Pinterest)

Daar is talle meer poetse wat die twee bak. My gunsteling is wanneer Meneer Twit elke aand ‘n klein lagie hout op die punt van Mevrou Twit se loopstok, sowel as haar gunsteling-stoel sit. Elke dag het die stok en die stoel langer geword. Tot eendag, wat Mevrou Twit verbaas agterkom dat sy besig is om te “krimp”.

Meneer Twit se verduideliking is dat sy die “shrinks” het. Hy sê dat sy elke dag korter en korter sal word, todat sy net ‘n plas kleure is. Dit laat haar vreeslik angsbevange voel en daarom stem sy saam om sy oplossing te volg. Die oplossing (poets) wat meneer Twit vir sy vrou bied, is om haar uit te rek. Met heliumballonne aan haar gewrigte, haar enkels met ‘n tou vasgebind en ‘n pen wat in die grond geanker is, rek hy haar kamma uit. Wanneer sy uiteindelik vas is, stuur hy haar in die lug op soos ‘n brandende pyl.

Die begin van meneer Twit se poets
Die begin van Meneer Twit se poets. Kunstenaar: Quentin Blake (Pinterest)
Meneer Twit rek Mevrou Twit met heliumballonne uit. Kunstenaar: Quentin Blake (Pinterest)

The Twits lees vinnig en maklik. As jy teen ‘n gematigde tempo lees, sal jy die boek in ongeveer een uur kan klaarmaak.

Ek sal hierdie boek vir ons jeug aanbeveel, veral leerders tussen die ouderdom van agt en veertien. Daar is talle interessante prentjies wat veral die jonger teikengroep sal lok. Daar is ook ‘n prettige speletjie by roalddahl.com/apps. Jy kan die blokkieskode hieronder gebruik om die webwerf te bereik.

Strepieskode
roalddahl.com/apps

As jy Roald Dahl se boeke koop, gaan tien persent daarvan na liefdadigheidsorganisasies.

Indien jy meer wil uitvind, luister na die klankboek, voorgelees deur Richard Ayoade by bogenoemde blokkieskode. Daar is ook ‘n klankboek beskikbaar op YouTube. Of koop die CD’s en boeke by Takelot.com of in winkels soos Bargain Books, Worcestor (023 347 5366).

Ek het hierdie boek baie humoristies gevind. Ek het dit ook meer as een keer gelees, en sal beslis weer.

Loading


One Reply to “The Twits: Ape met goue ringe bly lelike dinge”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

eighteen − 16 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights