Sossi, die nuwe ster in Afrikaanse musiek?

Sossi, die nuwe ster in Afrikaanse musiek?


Abri Botes gesels met Sossi, oftewel Augusta Zietsman, liedjieskrywer, sangeres, aktrise en filmskrywer.

Sossi, die sangeres, liedjieskrywer en aktrise. FOTO: Verskaf

Sossi is in Bloemfontein gebore. Sy het groot geword in Kathu en het ná skool Drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer nadat sy haar pa moes oorreed om in te stem tot hierdie beroepskeuse.

Daarna het sy in ‘n restaurant in Johannesburg as kelnerin en in kinderteater gewerk. Sy het toe begin om films en TV-reekse te skryf en sy het in  “Die dinge van ‘n kind” en “Die horries” gespeel.

Soos enige een wat hulle voete probeer vind, het Sossi haar passie uitgeleef en liedjies begin skryf. Haar eerste enkelsnit, “Baljaar”, is in 2022 vrygestel en is tans oor die 11 000 keer op Spotify geluister.

Soos ons gesels oor hoe uniek haar musiek is en die emosie wat dit in jou uitbring, deel sy dat die meeste joernaliste nie eers die kunstenaars waarmee hulle gesels se musiek luister nie.

Sy het 31 Januarie 2025 haar EP (Extended Play), Sossi, vrygestel. ‘n Storie wat die luisteraars vir hulself moet probeer skep, ‘n storie wat by elkeen pas. “Ek probeer nie om vir mense presies te sê waaroor dit gaan nie sodat elkeen hulle eie storie in die musiek kan vind.” Die liedjies op hulle eie kan individueel ‘n storie vertel, maar die EP self het sy eie storie wat deur die liedjies saamgebind word. Sy verduidelik dat iemand wat van ‘n klein dorpie af kom dit beter sal verstaan as iemand wat in die stad grootgeword het. Hierdie musiek van haar is sielvol, emosioneel en sal jou siel ruk.

Sy werk met verskeie musiekvervaardigers soos Wesley van der Westhuizen en Pierre van Pletzen.

Haar eerste EP verskil van haar tweede een. Die eerste, Breekgoed, het meer instrumentele klanke wat duidelik hoorbaar is, maar Sossi (EP) bevat duidelik elektroniesvervaardigde musiek en byklanke. Sy verduidelik dat as sy op die verhoog is, wil sy meer met die gehoor interact en wegbeweeg van haar keyboard. Sy noem ook dat haar eerste EP op die klavier geskryf is en haar tweede EP op haar rekenaar en dat dit die rede vir die verskil in klanke is.

Op hierdie stadium stel sy eerder EP’s vry as enkelsnitte. Sy voel dat dit ‘n sterker boodskap kan uitbring wat nie soos vinnige kitskosse voel nie. “Ek is ook baie ingestel op lirieke. Ek sal eers na die woorde luister en dan begin musiek bysit. In essence, wil ek stories vertel, meer as net aktrise en musikant wees.”

Ons gesels oor een spesifieke liedjie, “Mense”, wat begin met “My siel verkoop vir vyf minute op die televisie, van kleintyd was beroemdheid my enigste ambisie…” en die koor “Mense wil van geweet wees…”

Sy vertel: “Ek het hierdie liedjie geskryf in ‘n tyd toe die industrie bietjie scary was. Dit is seker die liedjie waarin ek al die eerlikste was.” Die liedjie gaan oor ambisie, wat ‘n mooi of lelike ding kan wees.

Sossi se musiekvideo’s is heeltemal onafhanklik van haar omdat sy dit nie self skiet en regisseer nie. Reghart Visser verfilm en vervaardig al haar video’s. Dit skep ‘n abstrakte beeld van hoe mense haar sien en die musiek ervaar. Kyk gerus haar musiek video’s op YouTube.

Sossi geniet elke oomblik saam met die gehoor. FOTO: Verskaf

Sy beplan om vertonings te doen, maar daarvoor het sy genoeg mense op een plek nodig wat haar musiek wil hoor. Op die oomblik is haar aanhangers wyd verspreid en dis moeilik om ‘n sentrale plek te kry wat almal pas. Haar droom is om dit in volgende jaar te doen en dan landswyd te toer en saam met mense haar musiek uit te leef.

Ons sien uit om haar op die verhoog te sien met al haar nuwe musiek wat jou emosies sal roer.

Haar boodskap aan die Bonnies: “As jy iets wil maak, of dit nou ‘n liedjie, ‘n video of ‘n dansie is, en jy word bang, do it scared.”

Sossi besig om haar droom en pssie uit te leef. FOTO: Verskaf

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

2 × three =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights