Sepies laat borrels spat

Binnelanders
Buite in die strate, bars almal uit hulle nate wanneer hulle die naam Binnelanders hoor.
Dié sepie het vir die eerste keer op die kassie verskyn op 13 Oktober 2005 en vier hierdie week sy 3330ste episode. Dit handel oor die drama, romanse en aksie van die alledaagse lewens van die personeel, vriende en familie in die hospitaalgange van Binneland.
Binnelanders is besaai met bekende Afrikaanse sterre soos die immergroen, Hans Strydom, wat die rol van die berugte hoof van die hospitaal, At Koster, vertolk.
Dit is persoonlik een van my gunstelingsepies met al sy draaie en swaaie. Jy kan elke weeksdag inskakel op kanaal 144 om 19:30 om nie uit te mis nie.

7de Laan
7de Laan… of is ons nou al in 10de Laan? Sedert die sepie se eerste episode op 4 April 2000 uitgesaai is, het die kykers al heelwat gedaantewisselings ondervind.
7de Laan het in oorwegend Afrikaans begin, maar later is het Engels ook al hoe meer voorgekom.
Die meeste akteurs het ook oor die jare besluit om die pad te vat. Daar is nog ‘n paar ikoniese karakters te siene, soos Vinette Ebrahim, wat die rol van Charmaine Meintjies vertolk. Sy is ook die eienaar van die koffiewinkel in die Laan – die einste koffiewinkel waar ons die meeste van die lief en leed van die inwoners en hulle familie en vriende van die Laan kan aantref.
Die sepie word weeksdae om 18:00 op SABC 2 uitgesaai.
Sien watter sepie die Bonnies se gunsteling is hier.

Ek geniet die tyd saam met familie en vriende.
2 Replies to “Sepies laat borrels spat”
Ek hou ook baie van die resensie wat Anri gedoen het….?
Ek is mal oor die resensie!?