Poort-wengedig: Die berg

Poort-wengedig: Die berg


Met hierdie gedig het Nelius van Heerden ‘n derde plek in sy kategorie verdien in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se jaarlikse Poort-bundel vir 2022.

 

Die berg

Daar hang ‘n swaar wolk.
Dit steek vas teen die berg.
As dit reën,
reën dit eers teen jou.

En dan hopelik in my
droë vallei.
Jy is groen en vol blomme,
ek is vaal en dor.

Ag, bring tog vir my ook van jou,
suikersoet reën.
Bring vir my jou water,
al wat ek het is ‘n stroompie

Die berg is groot.
Jy is groot.
Jou Proteas blom,
En ek is soos die Karoo,
altyd op soek na water.

Deur: Nelius van Heerden

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

16 − 6 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights