Polisie-net al stywer om dwelmgebruikers gespan

Polisie-net al stywer om dwelmgebruikers gespan


Geen kind moet deur dwelms beïnvloed word nie. Grafika: Groupeditors.com

Op Maandag 10 September 2018 is sekere klasgroepe van Hoërskool Bonnievale (HSB) lukraak deur ‘n spesiale polisie-eenheid vir dwelms deursoek. Jakes Gerwel Tegnies en Bonnievale Primêre Skool is ook vroeër hierdie kwartaal deursoek.

Die ondersoek het gekom nadat mnr. Johan Els (skoolhoof van HSB) ’n oproep polisie toe gemaak het nadat moontlike dwelm-apparaat in die skool se seunskleedkamer gevind is.

Drie klasse van die skool is deursoek. Die polisie se besoek aan die skool het ongeveer ‘n uur geduur. Tasse is deursoek en die seuns en meisies is geskei om apart deursoek te word. Die meisies is deur ’n polisievrou en die seuns deur ’n polisieman deursoek.

Die leerders is slegs deursoek en nie vir dwelmgebruik getoets nie. Niemand is met dwelms in hul besit gevang nie.

‘n Opvolgbesoek deur die polisie, waartydens daar vir dwelmgebruik getoets sal word, kan moontlik binnekort plaasvind.

Indien ‘n leerder gevang word met dwelms of enige ander verbode middels moet hulle deur ’n proses by die polisie gaan. Hulle oortreding sal geprosesseer word en, as hulle onder die ouderdom van 18 is, verwys word na ’n maatskaplike werker. Daar sal dan besluit word of hul hof toe moet gaan.

Kaptein Andrew Lagerwall sê: “Dit [dwelms] skeur families uitmekaar. Dit het baie keer ’n groot effek op families en gevolglik ook op die gemeenskap.” Hy sê ook dat hulle hul bes doen om dwelms uit te roei, veral by skoolkinders.

Kliek hier om uit te vind hoe jy van dwelmverslawing kan ontsnap.

Loading


One Reply to “Polisie-net al stywer om dwelmgebruikers gespan”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

seven − 4 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights