Plastieksakke: Die aarde se grootste vyand

Plastieksakke: Die aarde se grootste vyand


Plastieksakke is ‘n groot oorsaak van omgewingsbesoedeling omdat plastiek nie bio-afbreekbaar is nie. Plastieksakke bly vir honderde jare in die omgewing en besoedel die omgewing geweldadig.

Die verbod op plastieksakke het noodsaaklik geword voordat dit die aarde verder verwoes. Lande regoor die wêreld het ‘n verbod op plasieksakke geplaas of Levi-belasting daarop begin hef.

Hier volg die gevare van plastieksakke op die omgewing:

Plastieksakke is gevaarlik vir land- en seediere. Volgens icun.org kan plastieksakke veroorsaak dat seediere verstik daaraan en verstrengel raak wanneer hul daardeur swem. Mariene natuurlewe soos seevoëls, walvisse, visse en seeskilpaaie  verwar plastiekafval vir prooi en die meeste seediere sterf dan van honger namate hul mae met plastiek gevul word.

Soos bewys deur die Verenigde Nasies, word minstens 800 spesies wêreldwyd deur mariene pyn geraak en 80% van daardie rommel is plastiek. Daar word beraam dat tot dertien miljoen metrieke ton jaarliks in die see beland – ekwivalent aan ‘n vragmotor se gewig.

Foto: Plastieksakke moet wêreldwyd verban word as gevolg van die negatiewe impak wat dit het op diere, mense en die aarde

Plastieksakke veroorsaak ook siektes in die mense. Giftige chemikalieë in plastiek, soos endokriene ontwrigtende chemikaliee (EDC’s), word gekoppel aan onvrugbaarheid, vetsug, diabetes, prostaat- en borskanker. Hierdie chemikalieë kan babas, kinders en volwassenes beïnvloed.

Volgens ciel.org kom 99% van plastiek vanaf fossielbrandstowwe. Die ontginning van olie en gas, veral hidrouliese breking vir aardgas, stel groot volumes van ’n verskeidenheid giftige stowwe vry in die lug en water.

Meer as 170 hidrobreking-chemikalieë wat gebruik word om die belangrikste grondstowwe vir plastiek te produseer, het ‘n impak op die mens se gesondheid. Hierdie newe effekte sluit in neurologiese-, reproduktiewe- en ontwikkelingstoksiteit, verswakking van die immuunstelsel ens. Dié gifstowwe het ‘n direkte en gedokumenteerde impak op die mens se vel, oë, ander sensoriese organe, die brein, respiratoriese-, senuwee- en spysverteringstel.

Plastieksakke veroorsaak die agteruitgang van die omgewings. Die gechloreerde plastiek kan skadelike chemikalieë in die omliggende grond vrystel. Hierdie giftige chemikalieë sypel by grondwater, ander omliggende waterbronne en ook die ekosisteem in. Dit kan ‘n reeks skadelike effekte op die spesies hé wat dié water drink.

Volgens die dpw.lacounty.gov is plastieksakke duur en moeilik om te herwin. Meeste beland op stortingsterreine waar dit omtrent 300 jaar neem om opgebreek te word. Die sakke breek af in klein partikels wat die grond en waterweë besoedel en die voedselketting binnedring wanneer diere dit per ongeluk inneem.

Plastieksakke moet verban word. Dit beskadig die aarde!

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

14 + six =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights