Onderwysers kry swaar!

Onderwysers kry swaar!


Ja, onderwysers was ook eens op ‘n tyd in die skool en het boonop universiteit bygewoon en ‘n graad verwerf. Hulle het elke dag hard gewerk en hulle alles gegee om te kom waar hulle nou is.

Foto: Verskaf

Dit is onderwysers se passie om kinders te leer. Onderwys het oor die jare heen baie verander. Onderwysers werk vandag met ‘n ander tipe kind as twintig jaar gelede. Die kinders is boos, stout en disrespekvol, maar steeds probeer die onderwysers om elke dag die klaskamers vir die leerders interessant te maak. Onderwysers kom elke dag met ‘n breë glimlag by die skool aan, maar  hierdie glimlag verander vinnig in ‘n frons. Ek wonder hoekom?

Dit is alles ons skuld, wel sommiges s’n. Daar is sekere leerders wat uit hulle pad uit gaan om in die klas te praat, onhebbelik te wees en disrespekvol op te tree teenoor die onderwysers.

As ek op sosiale media sien wat in skole aangaan laat sak ek my kop in skaamte, want leerders besef nie hoe dit lyk as hulle so onopgevoed in die klasse optree nie. Onderwysers is aan die einde van die skooldag so moeg baklei met leerdrs wat nie weet hoe om hulself te gedra in die klas nie.

Daar is ‘n plek en tyd vir alles. Dit is al wat leerders moet besef, dan sou die wêreld ‘n baie beter plek wees. Kom Bonnies, julle kan mos beter! Hoe sou ‘n leier opgetree het? Kom ons wees beter by Hoërskool Bonnievale!

 

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

1 × two =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights