Nog ‘n aand met kerse

Nog ‘n aand met kerse


Suid-Afrika is die land van melk en heuning, maar die melk is soms suur as gevolg van die kragonderbrekings.

As daar iets is wat ons almal soms moedeloos maak, is dit definitief beurtkrag — veral die onbeplande kragonderbrekings. Sedert die Kovid-inperking van 2020 is daar al hoe meer gereelde skedules vir kragonderbrekings geïmplementeer.

Leerders doen al hoe meer hul huiswerk langs ‘n kerslig as gevolg van beurtkrag. Foto: pixabay.com

Alhoewel daar voorheen ook kragonderbrekings was, was dit gewoonlik vir ‘n baie kort tydperk en dit was ook nie so gereeld soos in 2022 nie. Kragonderbrekings is ook nou al baie meer “normaal” vir ons as wat dit ‘n paar jaar gelede was.

Ek weet alles word seker met ‘n rede gedoen, maar die krag word gewoonlik op die ongemaklikste tye afgesit. Ek is al so moeg daarvoor om my huiswerk by die kerslig of foonlig te sit en doen. Wanneer die take deurgegee word en ek moet my data gebruik om die inligting in te samel voel dit asof ek vuur by my mond kan uit blaas en my bloed begin om te kook. Dit help ons tog om ons data meer spaarsamig en verantwoordelik te gebruik.

Alhoewel die kragonderbrekings ons soms baie ontkant vang, help dit ons om meer kwaliteittyd saam met ons familielede te spandeer. Daar word minder tyd op selfone bestee en ons sien dan ‘n slag iets anders as die foon se skerm. Mense maak al vir so ‘n lang tyd staat op die internet dat ons nie eers meer daarsonder kan regkom nie, of ons weet nie hoe om onsself op ‘n ander manier besig te hou nie.

Die kragonderbrekings is soms nie vir ons baie gerieflik of baie lekker nie, maar dit gee ons kans om die dinge rondom ons meer te waardeer.

Loading


One Reply to “Nog ‘n aand met kerse”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

sixteen + 9 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights