Netwerk24 net-net nie genoeg

Ons gebruik deesdae ons selfone vir bykans alles.
Al hoe meer mense gebruik hulle selfone om op ‘n vinnige en akkurate manier uit te vind wat in die wêreld gebeur. Toeps het ‘n baie gerieflike instrument geword wat mense toegang gee tot vermaak, kuns, fotografie en dan natuurlik nuus.
Voorwaarts het gaan ondersoek instel en NetNuus maak sin.
Spesifikasie | NetNuus | Netwerk24 |
Is die gebruik van die toep gratis? |
JA |
NEE. |
Daaglikse weerkennisgewings? |
JA |
JA |
Daaglikse nuuskennisgewings? |
JA |
JA |
Is die toep in verskillende tale beskikbaar? |
NEE |
NEE |
Kategorisering van berig-genres? |
NEE |
JA |
Soek-opsies? |
JA |
JA |
Is dit maklik om te gebruik? |
JA |
JA |
Kan jy kommentaar lewer op die berigte? |
JA |
NEE |
Kan jy die verskaffers kontak om meer uit te vind? |
JA |
JA |
Alhoewel beide nuustoeps verbruikersvriendelik is, is daar tog negatiewe aspekte wat die effektiwiteit van albei onder die vergrootglas plaas.
Die gebruik van NetNuus is heeltemal gratis, wat die gebruik van die toep baie aanloklik maak. Alhoewel die toep gratis is, is daar nie volledige berigte nie, wat die deeglike leser mag frustreer. Vir die haastige leser, maak hierdie toep baie sin.
Om in te teken by Netwerk24 gaan jou wel R99 per maand uit die sak jaag, maar as jy ‘n volweek-intekenaar van Die Burger, Beeld of Volksblad is, kry jy ook onbeperkte toegang tot Netwerk24.
Alhoewel Netwerk24 ‘n baie volledige en goed gestruktureerde toep is, wen NetNuus volgens my die eerste plek. Die toep is vinnig, opsommend en die leser kan kommentaar lewer op die nuusflitse. Om alles te kroon, is dit heeltemal gratis. Min dinge in die lewe wat die moeite werd is, is deesdae gratis.
Laai jou toep hier af:
Netwerk24 (Google Play Store)
Netwerk24 (App Store)

Ek probeer om die lewe lig te hou.