Moedersdag sprankel terwyl Vadersdag faal

Moedersdag sprankel terwyl Vadersdag faal


Moedersdag

Belgiese sjokolade, Red Door-parfuum, Harry Winston-juwele en vele meer. Ja ma’s, nog voor dit twaalfuur op die horlosie slaan en Moedersdag werklik aanbreek, word dié peperduur geskenke soos geweerskote op julle afgevuur.

Die duur sjokolade, parfuum en juwele is slegs ʼn paar druppels uit die storm geskenke wat moeders op Moedersdag ontvang.

Alhoewel Adam eerste geskape was en Eva tweede, word Moedersdag steeds voor Vadersdag gevier. Baie mense weet nie eers wanneer Vadersdag is nie, maar die datum van die tweede Sondag in Mei (Internasionale Moedersdag) is in lopende skrif in dagboeke en op kalenders verewig.

Volgendes die webwerf SureSwipe is Moedersdag, naas Kersfees en Terug-na-skool-uitgawes, die dag wat die meeste winkelhandelaars laat glimlag.

Interessante feit: in Suid-Afrika spandeer mense amper meer as R500 000 op moedersdaggeskenke.

Die legendariese sangeres, Céline Dion, sing die liedjie: “Because You loved me,” wat spesiaal aan moeders opgdra is. Daar is geen twyfel dat Moedersdag die dag is, wat tussen Vadersdag en Moedersdag, die een is wat die koek vat nie.

Vadersdag

“Hierso pa. ‘n Lekker sakkie biltong ter viering van Vadersdag!”

“Wat van die duur parfuum wat jou ma vir Moedersdag gekry het?”

“Pa weet mos ek sal vir ‘n week lank die stilstuipe van Ma kry.”

Ja pa’s, nie net word Moedersdag eerste gevier nie, maar as dit by die geskenke kom, is dit ook julle wat aan die agterste speen suig. Terwyl ma’s met juwele, duur parfuum en Belgiese sjokolade wegstap, wag pappa dalk nog vir laasjaar se (nie verpligte nie) geskenk.

‘n Interessante statistiek: Moedersdag word in meer as 70 lande gevier terwyl Vadersdag nét in meer as 59 lande gevier word. Navorsing het ook getoon dat ma’s gewoonlik meer teleurgesteld is op Moedersdag as wat pa’s op Vadersdag is. Dié syfers spreek boekdele en is maar net nóg ‘n bewys dat die viering van Vadersdag net ‘n druppel in die emmer is in vergelyking met Moedersdag.

Ten minste het die die legendariese musikant, Luther Vandross, hom ontferm oor die vaders daar buite toe hy die liedjie, “Dance with my Father,” geskryf het.

Die viering van Vadersdag is deesdae net ‘n afgewaterde vorm van Moedersdag en voor jy jou oë uitvee, sal dít (verkeerdelik) net so ‘n vae herinnering wees soos gisteraand se aandete.

Koop hierdie Vadersdag vir jou pa iets ordentliks deur hier te klik.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

five × four =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights