Mag höerskoolleerders hul selfone by die skool gebruik?

In vandag se tyd het amper elke leerder wat op höerskool is ‘n selfoon wat hulle gebruik om te kommunikeer.
Volgens Pretoria FM het ongeveer 97% van kinders teen 12 jaar klaar een.
Die vraag is of leerders toegelaat moet word om hulle selfone by die skool te kan gebruik. Daar is beide voordele en nadele daaraan verbonde.
Voordele sluit die volgende in: leerders gebruik hul selfone om navorsing te doen en inligting vinniger te soek by die skool. Dit word ook gebruik om hul ouers te kontak as daar ‘n noodgeval is.
Maar daar is ook nadele.
Hoërskool Tygerberg, wat ‘n geen-selfone-reël toegepas het, het herhalende oortredings ervaar deur leerders, wat tot dissiplinêre verhore gelei het.

Leerders gebruik hul selfone in klastyd wat hulle aandag en fokus beperk. Dit kan lei dat hulle punte daal.
Maroela Media het navorsing gedoen wat bewys dat leerders kunsmatige intelligensie met toeps soos ChatGPT gebruik om opstelle, mondelinge en kunswerke vir skoolprojekte te doen.

Kuberafknouery is ook ‘n gevaar met die gebruik van selfone en selfs onreëlmatighede kan voorkom tydens toetse en eksamens.
Daarom moet daar streng reëls met die gebruik van selfone by hoërskole wees wat verseker dat dit nie lei tot die verswakking van leerders se akememie nie en dat dat
boeliegedrag ook nie ‘n bedreiging is nie.
![]()

In my oë is musiek my suurstof.