Leerders leer lewenslesse

Leerders leer lewenslesse


Hoërskool Bonnievale (HSB) se jeugmentors, mnr. Rian en juf. Mari Boshoff het die nuwe projek Dear Younger Me begin.

Juffrou Mari het een nag 3:00 wakker geword met die idee en skouer aan die wiel gesit. Dit is geïnspireer deur die liedjie, Dear Younger Me van die Christelike sangroep MercyMe.

Juffrou Surita Brink se raad aan haar jonger self. Foto: Verskaf

Die liedjie spreek onder andere die feit aan dat moeilike omstandighede en hartseer dikwels ‘n persoon nader bring aan Jesus en ook in die proses karakter bou en persoonlikhede help vorm.

Verskeie onderwysers, mentors en gesagsfigure wat al die lewenspad gestap het, gee raad aan hul jonger self en dié raad en ‘n foto van die betrokke “spreker” word dan weekliks op sosiale media gedeel. Die idee is dat leerders die raad met ander leerders kan deel. Juf. Mari se doel vir die projek is dat die lewenswysheid van die rolspelers jongmense sal inspireer en bemoedig.

Persone wat inspraak het in HSB-leerders se lewens is genader om deel te neem om juis eenheid en gemeenskap tussen rolspelers en leerders te bevorder.

Mnr. Rian en juf. Mari se kommentaar oor die projek en of hulle dink dit sal mense aanraak, is: “Ons glo versker so! Om die foto’s te sien is baie spesiaal. Die inligting wat ons van elkeen terug ontvang is vir ons inspirerend, uniek en beeld mooi uit hoe ons almal die verskillende dele van die liggaam van Christus maak.”

Hou weekliks die WhatsApp-toep en Voorwaarts se Facebook-blad dop om elkeen se foto te sien en hul raad te lees.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

14 − four =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights