Kovid-19 raak Bonnievalers

Kovid-19 raak Bonnievalers


Die koronavirus saai al meer as ‘n jaar amok oral op die aarde, ook in Bonnievale. Grafika: Pixabay.com

Die Kovid-19-getalle in Bonnievale het die afgelope paar dae vir die eerste keer in ‘n lang tyd begin afneem. Die pandemie raak steeds die Bonnievalers op ‘n baie ernstige wyse.

“Die pandemie was en is die vreemdste virus wat ek al ooit ervaar het en maak elke dag nog ‘n impak op my lewe,”sê Junade Carolus, gr. 9-leerder van Hoërskool Bonnievale.

Tog is dit indrukwekkend om te sien hoe die mense na mekaar uitreik in hierdie tyd. Vreemdelinge is soos familie, asof hulle mekaar eeue lank ken.

Gedurende die pandemie was daar ’n hele paar gemeenskapslede wat voedsel aan werklose mense verskaf het. Die persone was baie dankbaar dat daar na hulle gekyk is. ‘n Bonnievaler, me. Belinda Baardman, sê: ”Die pandemie het ons menslikheid ‘n groot knou gegee, in die sin dat ons nie liefde kan bewys in ons liggaamstaal teenoor mekaar nie, bv. drukkies. ‘n Mens kan ook nie op die ou manier met mekaar simpatiseer in die geval van lewensverliese nie.”

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

eleven − 11 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights