In hierdie wêreld, is sy mý wêreld
Sy is my moeder. Sy is nie net die persoon wat my grootgemaak het nie, sy is die anker van my lewe.

My ma is, deur haar eindelose gebede, werklik die stil heldin agter my sukses. Van haar onvoorwaardelike liefde tot haar onophoudelike opofferings, is sy die middelpunt van my bestaan.
Vir my is dit een ding om ‘n teenwoordige moeder te hê, maar dit is ekstra spesiaal om een te hê wat op ‘n daaglikse basis vir jou bid, jou lei na die man van bo en ‘n wolkombers is waarin sy jou toevou met haar arms en liefde.
Ek het nog nooit geweet hoe dit voel om nie ‘n ma te hê wat haar laaste asem vir my sal gee nie.
As ek een lewensdroom moes noem, sou ek noem dat ek oor tien jaar die helfte van die sterk vrou wat my moeder is, sal wil wees.
Sy is selfs ‘n ma vir sommige van my vriendinne. Sy het onvoorwaardelike liefde om te gee, en dit is werklik die beste eienskap om te hê. Deur al die stryde wat al oor haar pad gekom het, was sy nog altyd sterk. Sy het nog altyd geweet waar sy haar krag vandaan kry.
Ek is trots om haar my moeder te noem.
Soos elke ma en dogter stamp ons koppe, maar hoe kan ek nie die nederige een wees as ek ‘n moeder soos sy het nie?
Baie mense wens om nog hulle moeders te kan hê; daarom sal ek myne waardeer en liefhê soos sy verdien om liefgehê te word.
Sy is my moeder en in hierdie wêreld, is sy mý wêreld.

One Reply to “In hierdie wêreld, is sy mý wêreld”
Uitstekend verwoord, Renatha. Dit is jou Moeder…. en so het ons haar die afgelope paar maande ervaar. Sy het ook die grootste respek, liefde en omgee vir ons Moeder vir wie sy versorg! Koester elke oomblik met haar!