HSB-hoofmeisie kuier in Muizenberg

HSB-hoofmeisie kuier in Muizenberg


V.l.n.r.: Mia Beukes by die Waterfront Akwarium saam met Jenna Fish (Fish Hoek High School), Ané van Huyssteen (Hoërskool Paul Sauer) en Allison Klaassen (Hoërskool Tulbagh). Foto: Verskaf

Mia Beukes, hoofmeisie van Hoërskool Bonnievale vir 2018, het Die Burger se 59ste Jeugleierskonferensie saam met 51 ander hoofleiers van 8 tot 14 Desember 2017 bygewoon.

 

Hulle het tuisgegaan in Die Burger-strandhuis in Muizenberg.

Die konferensie is in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aangebied.

Hierdie jaar se tema was: “Jeugleiers en die bou van ‘n samelewing van inklusiwiteit”. Die jeugleiers moes elkeen ‘n toespraak voorberei met ‘n spesifieke onderwerp wat die tema uitbrei.

Mia se toespraak het gehandel oor die ekonomiese aspek van die jeug se rol in die bou van ‘n inklusiewe samelewing. Sy het gefokus op stereotipes wat weerstand bied in die strewe na ‘n ideale inklusiewe gemeenskap.

Die jeugleiers moes egter nie net werk nie en het ook verskeie opvoedkundige uitstappies geniet. Hulle het die Akwarium, die Waterfront, Media 24 se hoofkantoor en die Christiaan Barnard Groote Schuur Hospitaal besoek.

Mia het die volgende oor haar ervaring te sê gehad, “Dit was een van die lekkerste weke van my lewe. Dit was so ‘n voorreg om so baie kinders te ontmoet met dieselfde waardes en belangstellings as ek. Dit was ook ‘n baie besondere geleentheid om my selfbeeld te bou en om meer selfvertroue te ontwikkel.”

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

5 + three =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights