Honger mae deur Bonnies-ouers gevul

Honger mae deur Bonnies-ouers gevul


Mnr. en mev. Wentzel besig om sop uit te deel by HSB.

Op 3 September 2018 het ouers van Hoërskool Bonnievale (HSB) ‘n nuwe toebroodjieprojek begin. Hulle gee elke Maandag, Woensdag en Vrydag tydens eerste pouse vir leerders van HSB toebroodjies en/of sop.

Hierdie projek was begin om vir leerders wat nie tydens pouses ‘n broodjie het nie iets te gee om te eet.

Die projek word deur Parmalat Bonnievale geborg.

Die idee is die breinkind van mnr. Wilhelm de Wet, voorsitter van HSB se Skoolbeheerliggaam.

Mee. Bettie Scheepers, Anna Wilemse en Annette Swanepoel van Huis Kalie Heese Koshuis maak die toebroodjies en sop en help ook uitdeel tydens pouses.

Carlos Opperman, ‘n gr.11-leerder van HSB, sê met ‘n glimlag: “Dis sop is baie lekker en vul ‘n mens se magie behoorlik!”

Nicky Johnson, ‘n VRL-lid wat pouse help om die toebroodjies en sop uit te deel, vertel: “Dit is vir my báie lekker om ander te kan help.”

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

four × four =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights