Graad 8’s vinnig en vurig aan die gang

2019 se graad 8’s van Hoërskool Bonnievale het dadelik besig geraak met aktiwiteite om hulle bekend te stel aan mekaar en aan HSB se reëls en regulasies.
Hulle het onder andere in die eerste week van skool saam as ‘n klas aktiwiteite gedoen soos netbal, sokker en toutrek.
Die graad 8’s het ook vanaf Vrydag 11 Januarie tot Saterdag 12 Januarie ‘n oornagkamp by die skool bygewoon. Hier het hulle verskeie spanaktiwiteite gedoen en ‘n boom geplant wat hulle verder deur hul skool loopbaan moet versorg.

Saterdagoggend vroeg het hulle vanaf die skool tot op die koppie wat oor Happy Valley uitkyk, gestap.
Die verskillende aktiwiteite wat die leerders gedoen het, het hulle gehelp om mekaar beter te leer ken en ook gemaklik te begin voel as trotse Bonnies. Carli Erasmus, ‘n gr. 8-leerder, sê: “Dit was vir my baie lekker om al die kinders te leer ken en ek voel baie meer gemaklik om die jaar aan te pak.”

Ek is ‘n trotse HSB-leerder wat hou daarvan om nuus van oral dop te hou.