Graad 11’s beplan vroegtydig
Aangesien die meeste leerders aan die begin van hulle matriekjaar al aansoek doen by verskeie universiteite of kolleges, word druk ook op graad 11-leerders geplaas om te besluit wat hul toekomsplanne is voor hulle matriek bereik. ‘n Opname is onder 50 graad 11-leerders van Hoërskool Bonnievale gedoen om uit te vind wat hulle planne vir ná skool is.
Hieruit bleik dit dat die meeste graad 11’s al vaagweg ‘n plan het vir hulle toekoms en studies aangesien helfte van die leerders beplan om te gaan studeer na skool.

Ek is ‘n gebore Bonnievaler en leerder in Hoërskool Bonnievale met ‘n passie vir sport. Ek hou van sosiaal wees en tyd saam met my vriende deurbring.