Fietsryers vermaak platteland
Sondag 21 Maart 2021 was verskeie paaie in Bonnievale gesluit. Die rede hiervoor was die jaarlikse Suid-Afrikaanse Nasionale Padfietskampioenskappe.
Alle fietsryers het halfsewe die oggend in Swellendam begin en het deur Swellendam en Bonnievale gery. Hulle het dan weer in Swellendam geëindig.

Die fietsryers het drie rondtes van ‘n sirkelroete deur Bonnievale voltooi. Die totale afstand wat gery is, is 178 km.
Net onder 200 mense het deelgeneem aan die tydtoets en ongeveer 500 mense het aan die padwedren deelgeneem. Die tydtoets het Vrydag 19 Maart 2021 plaasgevind en dit het net in Swellendam gebeur.
Kovid-19 het ook ’n impak op die kompetisie gehad. Die volume mense wat ingeskryf het, het verminder. Dit het ook veroorsaak dat die geleentheid uitgestel is vanaf ‘n vroeër datum. Daar is regulasies ingestel soos om vooraf getoets te word vir Kovid-19, maar dit het later weggeval.

Daar was geen tyd-kontrolepunte op die roete nie, maar daar was wel maarskalke by alle draaie en skerp punte om te aan te dui waar en wanneer die fietsryers moes draai. Die deelnemers se veiligheid het eerste gekom, dus was daar noodhelpers wat in voertuie rond gery het en by spesifieke plekke gestaan het.
“Ek wil graag vir Bonnievale dankie sê vir julle gasvryheid en geduld; en spesiaal dankie aan die verkeers- en roetebeamptes vir hulle hulp,” sê mnr. Gerhard van der Westhuizen, die medevoorsitter van die Plaaslike Reëlingskomitee.
Dit is die eerste jaar wat dié kompetisie in Swellendam en in die Overberg-distrik gehou is.

Ek is mal oor diere, kuns, om met my vriende te kuier en geniet dit om te skryf en foto’s te neem.
One Reply to “Fietsryers vermaak platteland”
Jy het werklik vir talent vir skryf, Adele!