CSV-kringleiers reik uit

CSV-kringleiers reik uit


Die CSV-kringleiers en kinders by Bonnie People ná ‘n baie spesiale uitreik. Foto: Verskaf

Op 18 Oktober 2019 het die CSV-kringleiers van Hoërskool Bonnievale (HSB) hul 2020-termyn met ‘n uitreik na Bonnie People afgeskop.

Die uitreik is deur die CSV-voorsitter vir 2020, Angelique Rautenbach, onder leiding van mnr. Albert van Zyl, een van HSB se CSV-skakelonderwysers, gereël. Die CSV-kringleiers vir 2020 het hierdie uitreik bygewoon.

Die doel van die besoek aan Bonnie People was tweeledig: dit was ‘n geleentheid vir die kringleiers om uit hulle gemaksones te beweeg en geestelik te kon groei. Tweedens was dit ‘n geleentheid vir die kinders van Bonnie People om ‘n middag vol pret te kon ervaar en ‘n stukkie hoop te kon beleef.

Ruach Wessels by ‘n groepie seuns van Bonnie People. Foto: Alèza van Zyl

Van sokker speel tot saam sing, doele gooi tot dansies doen: dit was ‘n middag vol pret aktiwiteite waar die kringleiers en kinders van Bonnie People mekaar se verskillende kulture kon ervaar.

Een van die nuwe CSV-kringleiers vir 2020, Ghilermo Jones (gr. 10), het ‘n onbeplande groepdans en -singopvoering gedoen. Hy het die kinders van Bonnie People saam liedjies laat sing en dansies laat doen.

“Ek het dit baie geniet om tyd saam met die kinders te spandeer. Dit het my laat besef hoe bevoorreg ek is. Ek hoop dat ons in die toekoms meer sulke uitreike kan doen,” het Allison Fourie (gr. 10), ‘n CSV-kringleier wat die uitreik bygewoon het, gesê.

Loading


2 Replies to “CSV-kringleiers reik uit”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

eighteen + 16 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights