Bonnies maak skoonskip vs. Ashton

Foto: Suzan Wentzel
Javian wie? Javian Slingers, die linkervleuel van die eerste rugbyspan, was die speler wat die wendrieë vir Hoërskool Bonnievale (HSB) gedruk het toe die Bonnies en Ashton Sekondêr op Dinsdag 24 Julie 2018 te Bonnievale mekaar die stryd aangesê het.
Dié o.19A-rugbyspan het in die doodsnikke die wedstryd naelskraap met 24-23 beklink.
Die o.15A-rugbyspanne het kookwater spel opgedis. Die Bonnies het hul opponente nie eers ʼn smakie van die doellyn gegee nie en het hulle met ʼn telling van 22-0 kafgedraf.
Die o.17A-rugbyspan het teen ʼn sterk Ashton-span te staan gekom. Hoewel Ashton drie drieë gedruk het, moes hulle tot hul teleurstelling steeds die knie voor die Bonnies buig en Bonnies het met die louere weggestap. Die telling hier was 26-17.
“Ashton het beslis met ‘n plan vir hierdie wedstryd opgedaag. Hulle het van ons foute af gespeel en dit het ons amper duur te staan gekom. Ons vat hierdie naelskraap wen en bou daarop vir ons wedstryde wat voorlê,” was die mening van Aiden Baardman (o.19A-span stut) na afloop van hul wedstryd teen Ashton.

Ek is kort. Ek hou baie van rugby, krieket en atletiek. Wiskunde is vir my ‘n kopseer, maar is steeds my gunstelingvak. Ek hou ook van rekenaarspeletjies.