Bonnie wen Viva-harte

Bonnie wen Viva-harte


 

Hilda Jonker, die naaswenner van die VivA-Afrikaans Idioomkompetisie. Foto: Verskaf

Hilda Jonker, tans ‘n gr.12-leerder in Hoërskool Bonnievale (HSB), het die Bonnies baie trots gemaak toe sy ‘n tweede plek behaal het in VivA-Afrikaans se Idioomkompetisie. 

Die gr.11-leerders van HSB het in Oktober 2017 van die kompetisie gehoor en was toe deur hul Afrikaansonderwyser, mnr. Stefan Prins, aangemoedig om deel te neem aan die kompetisie.

Hilda het die gr.3’s van HSB betrek by haar inskrywing vir hierdie kompetisie. Sy het verskeie idiome vir hulle gegee en hulle moes vir haar sê wat hulle dink die idiome beteken. Sy het ‘n video daarvan gemaak en dit ingeskryf.

Die prys wat Hilda ontvang het sluit R5000 vir haar eie gebruik en R10 000 vir die skool in.

Sy het besluit om R2000 van haar R5000 te hou en dan aan die einde van die jaar te gebruik vir haar matriekvakansie. Sy wil dan ook nog R2000 gebruik vir die Plett Rage Mission, saam met Shofar-kerk.

Sy het besluit om R500 van die oorblywende R1000 vir haar broer, Philip Jonker, te gee omdat hy haar gehelp het met die oplaai van die video.

Daar sal nog besluit word wat die skool met die prysgeld gaan doen.

Hilda sê: “Ek het dit baie geniet om hierdie video te maak en ek is ook baie spyt dat ek nie al die gr.3’s se antwoorde in die video kon sit nie. Hulle het almal ongelooflike antwoorde gegee. Ek was baie verbaas toe ek uitvind dat ek ‘n tweede plek behaal het. Ek sal graag weer in die toekoms aan so ‘n kompetisie wil deelneem. Dit was definitief ‘n lekker manier om my Desembervakansie te begin.”

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

five × one =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights