Bonnies blink by Langeberg Atletiekbyeenkoms
Op Saterdag 9 Februarie 2019 het Hoërskool Bonnievale (HSB) aan die Langeberg Atletiekbyeenkoms te Robertson deelgeneem.
Uit die 40 leerders wat deelgeneem het, het twaalf leerders goue medaljes verower, vyftien silwer & agt brons.
Brayton Kleinveldt (o.19) vertel: “Al was die kompetisie sterk, het ek elke oomblik daarvan geniet.” Jevénon Matthys (o.17) sê dat hy die byeenkoms baie geniet het en dat dit vir hom lekker was om as ‘n trotse Bonnie deel te neem.
Die komende Saterdag, 16 Februarie 2019, is die Noord-Boland byeenkoms wat by HSB gehou word.





Ek is ‘n hardwerkende en toegewyde jong dame wat glo waar daar ‘n wil is, is daar altyd ‘n weg. Om te skryf is een van my stokperdjies, want ek hou daarvan om my verbeelding te gebruik. Ek is ‘n avontuurlustige mens en sien altyd kans vir ‘n uitdaging!