Bakkies 60ste – ‘n groot karate-viering

Bakkies 60ste – ‘n groot karate-viering


Bonnievale Goju Ryu Karateka het in die Septembervakansie die Bakkies 60ste in Somerset-Wes by die Curro Somerset Wes Sitari Estate Village bygewoon. Die “Bakkies 60” vriendskaplike gasshuku is gehou om sensei Bakkies Laubscer se 60ste jaar van karate te vier.

Dit was ‘n spesiale, “oop” geleentheid vir alle karate-organisasies wat ‘n pad met hom gestap het. Retha-Mari Steyn, Inathi Mabuthile, Ruben Potgieter en Danel van der Westhuizen, leerders van HS Bonnievale, het aan hierdie geleentheid deelgeneem en het ‘n hele paar van hulle medekarateka van rondom die wêreld ontmoet.

Karate in die Curro Somerset West Sitari Estate Village skoolsaal
Karate by die Curro Somerset Wes Sitari Estate Village skoolsaal.                                 Foto:Verskaf

Dit was nie net karateka wat ‘n sekere belt het of  ‘n sekere ouderdom was wat kon gaan nie, die gasshuku was oop vir enige belt of ouderdomsgroep.

Oor die naweek het al die beltkategorieë saam geoefen.

Die 60ste is gevier deur hul karate te verbeter en lekker te sweet.

Saterdagaand is die Sayonara-partytjie gehou, waar enige persoon met ‘n swartbelt na jou toe kon kom en die aand saam met hul medekarateka en sensei’s kon geniet en opvang.

Daar was karateka van so ver as Pretoria, Namibië, Londen en Chilé.

Dit was wonderlik om te sien hoe ‘n groot impak sensei Bakkies se liefde en toewyding tot karate, oud en jonk, regoor die wêreld, gehad het die afgelope 60 jaar… en dat hy ‘n mentor vir soveel is.

Dit was ‘n geleentheid om jou karate te verbeter en om meer daarvan te leer, want elke sensei het ‘n ander manier van klasgee.

Karate is nie net ‘n sport nie, maar ‘n manier hoe jy meer van jouself kan leer en waartoe jy werklik in staat is.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

15 + 18 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights