Jeugweek 2020: ‘n Belewenis!
#SELFIE was op almal se lippe tydens hierdie jaar se NG Kerk Vandermerwe-Jeugweek in Bonnievale. Mense van alle ouderdomme het hierdie byeenkomste vanaf Sondag 2 Februarie tot Donderdag 6 Februarie 2020 bygewoon en geniet. Die tema van die Jeugweek 2020 was #SELFIE en die spreker was ds. Wouter Olivier van die La Rochelle-gemeente in Bellville.…