Onnies verkies nuwe formaat van HSB-matriekafskeid

Onnies verkies nuwe formaat van HSB-matriekafskeid


Daar was vanjaar ‘n verandering by Hoërskool Bonnievale (HSB) se matriekafskeid aangebring.

Onderwysers het dié aand buite die saal gesit en gekyk hoe die matrieks in hulle spoggerige uitrustings en motors arriveer. Hulle kon daarna huis toe gaan. Vorige jare het die onderwysers die geleentheid saam met die matrieks binne in die saal spandeer.

Mnr. Stefan Prins, gr.12-Afrikaansonderwyser, noem, “Die vorige jare was nie sleg nie, maar ek hou meer daarvan om buite te sit, want dan kan ‘n mens sien hoe goed die matrieks lyk en ‘n mens voel meer deel van die gebeure. In die verlede het ons op die verhoog gesit waar ons nie die matrieks kon sien nie, want hulle was te ver en dis gewoonlik donker in die saal. Die aand het ook gewoonlik te lank geraak.”

Mnr. Alridge Mercuur, gr.12-Besigheidstudiesonderwyser, wat nie hierdie jaar se matriekafskeid kon bywoon nie weens persoonlike verpligtinge, sê egter weer die teenoorgestelde: “Ek dink nie ek wil na ‘n matriekafskeid gaan waar ek buite moet sit nie, dit laat my voel of ek nie deel is van die gebeure nie.”

Voorwaarts se Allison Fourie het ‘n meningsopname onder die onderwysers gedoen:

‘n Sirkeldiagram wat aantoon watter manier die onderwysers verkies. Grafika: Paint 3D

 

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

nine − six =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights