Die somtotaal is…

Die somtotaal is…


Juf. Aletta Els, Hoërskool Bonnievale se Wiskunde-onderwyseres. Foto: Hilda Jonker

Wanneer Hoërskool Bonnievale (HSB) se Wiskunde-onderwyseres in die gange stap, is dit altyd op ‘n drafstap en met ‘n vonkel in haar oog. As sy nie op pad is na haar Wiskundeklas nie, is sy op pad na die netbalbaan – die twee plekke waar sy haar passie uitleef. Lian Beukes van Voorwaarts het met me. Aletta Els gesels.

Waar is Juffrou gebore en waar het Juffrou skoolgegaan?
Ek is in De Doorns gebore en het ook daar in Hoërskool Hexvallei skoolgegaan tot matriek.

Wat is Juffrou se lekkerste herinnering van Juffrou se skooljare?
Vriende en kuiers.

Watter vakke het Juffrou die meeste geniet op skool?
Rekeningkunde en Wiskunde.

Waar het Juffrou gaan studeer ná skool en waarom het Juffrou spesifiek onderwys as studierigting gekies?
Aan die Universiteit van Stellenbosch. My ma was ‘n onderwyseres en ek het nooit wyer gedink as die beroep nie. Ek kon ook vir ‘n beurs in aanmerking kom wat my keuse grootliks bepaal het.

Wat geniet Juffrou die meeste van onderwys en wat is Juffrou se grootste uitdaging?
Ek geniet dit om nuwe maniere te vind om ‘n begrip te probeer verduidelik. Die grootste uitdaging is om lui leerders te probeer motiveer om ook self te werk.

Leerders van groter skole wat AdMaths as vak neem, moet soms baie duur betaal vir fasiliteerderhulp. Wat het Juffrou laat besluit om AdMaths gratis vir HSB se skoolleerders aan te bied?
‘n Klein plattelandse skool moet alle moontlike maniere vind om kinders te behou. Ek probeer om ook vir die leerders die geleentheid te skep. Dit is ook ‘n manier om begaafde leerders aan moeiliker werk bloot te stel.

Wat is Juffrou se ervaring om saam met mnr. Els op Hoërskool Bonnievale se personeel te dien?
Dis ‘n groot voorreg, maar as dinge moeilik raak in die kantoor en die kritiek stroom in, voel ek dit saam met hom.

Juffrou is baie passievol oor netbal en netbalafrigting. Waar het Juffrou se liefde vir netbal ontstaan?
Op skool.

Wat doen Juffrou om te ontspan?
Ek lees graag.

As Juffrou ‘n ander loopbaan as onderwys moes kies, wat sou dit wees en waarom?
Ek sal ‘n winkel wil bestuur… al die rakke regpak en organiseer!

FLITSVRAGIES:

  • Gunstelingkleur?:  Blou
  • Gunstelinggereg?: ‘n Toebroodjie
  • Gunsteling boek?: Valley of the Horses deur Jean M. Auel.
  • Droomvakansiebestemming?: Switserland
  • Gunstelingdier? ‘n Hond

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

nineteen − 14 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights