Gedig: Dennebos vergeet

Chané de Swardt (gr.11) het die volgende gedig oor (en vir) Ingrid Jonker geskryf:
Dennebos Vergeet
Vir Ingrid Jonker
Dennebos herinner
Dennebos vergeet
Die doringbos laat
jou weer in die steek
Soek jy na ‘n antwoord
‘n rede om te vergeet
Eggo is geen antwoord
Die antwoord het jy vergeet
Jou lewe soos ‘n verhaal
wat homself herhaal
Het jy ook verdwaal
toe jou verlede jou inhaal?
Soek jy na die grootpad
om daar langs te draf
Dennebos herinner
Dennebos vergeet
(8 Mei 2018)
Ek is.