My graad 7-lewe

My graad 7-lewe


Alles moet tot `n einde kom. Hierdie kwartaal is die einde van `n groot mylpaal in my lewe, maar die begin van iets groter.

Die onderwysers se gunsteling gesegde in die vierde kwartaal aan die graad sewes is altyd: “Julle sal julle sokkies moet optrek anders bly julle net hier in die laerskool.” Party dae wonder ek of ek nie maar by die laerskool wil bly nie? Laerskool was soos een groot speelpark. Met swaaie, glyplanke en klimrame.

Ek het van my grootste spronge in die laerskool gegee. Ek het geleer dat my probleme en geleenthede soos ‘n wipplank gaan wees, dit gaan op en af. Nou en dan voel dit asof ek van die wipplank wil afspring, maar dan weet ek, ek gaan val. Laerskool het vir my geleer dat ek na die klein paaltjies aan die onderkant van die klimraam moet kyk en nie dink aan die hoogste pale daar doer bo nie. As ek paaltjie vir paaltjie uitklim sal ek eendag bo uitkom. By die laerskool het ek op grasvelde gehardloop, nuwe sporte aangeleer en hope pret gehad.

Ek sien Hoërskool as ‘n klipperige pad. Ek gaan eendag kaalvoet of met tekkies daaroor moet loop. Ek gaan dorings in my voete kry, maar ook blomme pluk. Ek gaan definitief die laerskool se onderwysers mis, maar ek sien uit na die nuwe avontuur wat voorlê. My rugsak is gepak met pen, kamera, herhinneringe, entoesiasme en nog vele meer. Ek is reg om die hoërskoolpad te stap. Immer Voorwaarts!

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

five × four =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights