Die Burger misreken wiskundekompetisie

Die Burger misreken wiskundekompetisie


Die enigste kennisgewing wat tot dusver verskyn het oor die mislukking van die organiseerders. FOTO: Verskaf

Die Burger se jaarlikse wiskundekompetisie is uitgestel weens tegniese probleme.

Hoërskool Bonnievale se skoolhoof, mnr. Johan Els, het die organiseerders van die kompetisie gekontak toe hy verneem het dat die leerders ‘n kwartuur ná die kompetisie se opening, steeds nie kon aanmeld nie.

Volgens die inligting wat mnr. Els gekry het, het die organiseerders nie gereken daarop dat soveel mense daaraan sou deelneem nie. Die stelsel kon nie dit hanteer nie en het ingegee. Registrasie het egter reeds 2 Mei gesluit.

“Ek het só uitgesien na die kompetisie. Dat dit nie kon plaasvind het nie was regtig sleg!” – Abraham Wentzel

Op die webwerf waarop die leerders moes aanmeld, is beweer dat die leerders te vroeg was en moes aanmeld soos die amptelike tye uiteengesit is.

Die organiseerders het aan die skool gesê dat die leerders steeds sal kan deelneem, sodra die probleem opgelos is en dat hulle nie van hul toegelate tyd ontneem sal word nie.

Mnr. Els het die leerders, na byna 45 minute se wag, verskoon. Hy het getroos dat dit onregverdig sou wees om ‘n kompetisie waaraan nie almal wat ingeskryf het kon deelneem nie te laat voortgaan. Later is daar verneem dat die kompetisie uitgestel is.

Die leerders wat daaraan sou deelneem, was baie teleurgesteld. Abraham Wentzel (gr.11) het gesê: “Ek het só uitgesien na die kompetisie. Dat dit nie kon plaasvind het nie, was regtig sleg!”

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

11 − 8 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights