Krag sonder Eskom

Krag sonder Eskom


In die eerste week van Oktober 2022 is daar ‘n kragopwekker by Hoërskool Bonnievale geïnstalleer.

As gevolg van verlengde kragonderbrekings het die skool besluit om ‘n kragopwekker te installeer. Die opwekker dek op die oomblik slegs die graad tien tot twaalf RTT klas en die werkskamer.

Die kostes het altesaam ongeveer R75 000 beloop. Die opwekker het ongeveer R60 000 gekos en nog ‘n addisionele R15 000 is spandeer aan die koppeling van die drade en skakelaars. Die skool het die kragopwekkers betaal deur gebruik te maak van skoolfondse en reserwefondse.

Die skool se planne vir die toekoms behels om die opwekker wat tans deur die hoërskool gebruik word, ‘n 10 KVA enkel fase kragopwekker, na die laerskool te skuif. Die skool is huidiglik in die proses om ‘n 60 KVA drie fase kragopwekker te koop as plaasvervanger vir die opwekker wat tans by die hoërskool gebruik word. Die plan is om die nuwe opwekker in Maart te installeer. Die opwekker gaan dan die hele hoërskool van krag kan voorsien.

Juffrou Amoré Nel (HSB se graad tien tot twaalf Rekeningkunde en Wiskunde Geletterdheid onderwyseres) sê: “Ek dink dit is ń wonderlike vooruitgang vir ons skool. Ons is in ‘n bevoorregte posisie om van hierdie tegnologiese verbeteringe gebruik te kan maak. Nou gaan ons eers lekker werk!”

Tanya Steyn (graad tien leerder) sê: ” Ek voel ons is baie bevoorreg, want nie alle skole kan so iets bekostig nie en dit gee vir ons meer leergeleenthede. ”

Die skool is baie opgewonde vir die nuwe kragopwekker en gaan nou steeds volstoom kan aanhou werk, al is daar kragonderbrekings.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

14 − thirteen =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights