Gilmore Girls nie net komedie
Die Gilmore-meisies is amper elke ma en dogter se moet-kyk televisiereeks.
Die Netflix-reeks Gilmore Girls is geskryf deur Amy Sherman-Palladino. Die hoofkarakters van die reeks is Lorelai en Rory Gilmore, wat gespeel word deur Lauren Graham en Alexis Bledel. Die reeks bestaan uit sewe seisoene.
In die reeks is Rory en Lorelai verslaaf aan koffie, maar die aktrise Alexis Blendel (wat Rory in die reeks speel) hou in die regte lewe glad nie eens van koffie nie. Selfs gedurende die verfilmingsproses was Alexis se koffiebekers altyd vol Coke-Cola gemaak.
Gilmore Girls is ‘n Amerikaanse komediereeks wat handel oor ‘n ma met die naam Lorelai en haar dogter, wat ook die naam Lorelai het. Die verkorte weergawe daarvan is Rory Gilmore.
Lorelai het geboorte gegee aan Rory op die jong ouderdom van sestien. Soos wat Rory ouer word, word haar verhouding met haar ma al hoe sterker omdat hulle albei as’t ware saam grootword.

Nadat Lorelai vir haar ouers vertel dat sy swanger is, verbrokkel haar verhouding met haar ouers, hoewel die verhouding nie eintlik goed was om mee te begin nie.
Nadat sy geboorte gee aan Rory besluit sy om met haar baba te vlug van haar ouers af. Sy vlug na ‘n klein dorpie met die naam Stars Hollow. Sy gaan kuier net vir haar ouers met spesiale geleenthede soos Kersfees, Thanks Giving of op iemand se verjaarsdag.
Sy begin op die ouderdom van sestien werk as ‘n skoonmaker by die Independence Inn om vir Rory te versorg. Ná ‘n paar jaar word sy aangestel as die bestuurder van die Independence Inn. Dit is wanneer sy agtergekom wat haar eintlike roeping is. Haar grootste droom is om haar eie gastehuis oop te maak.
Op 25 November 2016 is die laaste en agste mini-seisoen van die televisiereeks uitgesaai. Die agste seisoen bestaan slegs uit vier episodes, maar in dié episodes is daar ‘n hele paar kinkels in die kabels.
Dié reeks neem jou op ‘n reis deur die lewe van ‘n ma en dogter met hulle alle daaglikse struikelblokke en hoe hulle saam daaruit leer en ‘n beter verhouding bou. Die reeks is nie net ‘n komedie nie, want daar is ook baie kosbare lesse wat jy uit die reeks kan leer.
![]()

Ek is mal oor kuns en ek hou partykeer van ‘n goeie uitdaging.