Watter kitskos kraai koning?

Watter kitskos kraai koning?


Dit is geen geheim nie dat kitskos oor die dekades heen al hoe gewilder geraak het. Of hierdie wegneemetes hul gewildheid verwerf omdat dit jou moeite spaar en of dit dalk net goedkoper is as om ‘n ete voor te berei, is nie duidelik nie. Maar tieners en jong volwassenes is mal oor talle verskillende handelsmerke van kitskos.

Hier is die Bonnies se gunstelinge:

Volgens die data wat ingesamel is (die menings van altesaam 166 leerders vanaf graad 8 tot 12 is ingevorder), is dit duidelik dat Steers die koning van kitskos kraai onder die Bonnies. Debonairs Pizza behaal ‘n tweede plek, met McDonald’s reg op hul hakke. Met hierdie statistiek is dit nie moeilik om te sien dat die grootste handelsmerke ook die gewildste is nie.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

7 + 7 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights