Die “nuwe normaal” van skool

Om in die warm klas met ‘n masker oor jou mond en neus te sit, kan ‘n moeilike aanpassing vir skoolleerders wees.
Sedert die HSB-leerders na die skool teruggekeer het, is toetse en take nie meer die enigste uitdagings nie.
Om van agtuur in die oggend tot twee-uur in die middag maskers te dra, is ‘n moeilike gewoonte om aan te leer.
Behalwe vir die maskers wat gedra moet word, moet leerders ook daaraan gewoond raak om 1.5 meter van hul klasmaats af te bly.
Hierdie “nuwe normaal” maak dit ook moeilik vir al Hoërskool Bonnievale se sportsterre.
Daar was nog nie een sportoefening of byeenkoms die afgelope ses en ‘n half maande nie.
Behalwe vir al die nuwe en moeilike aanpassings waaraan die leerders moet gewoond raak, hoef die leerders nie elke dag skool by te woon nie.
Cohen Jeneke, ‘n graad 10-leerder in Hoërskool Bonnievale sê: “Ek pas gou by die nuwe reëls aan. Al is die dra van maskers soms irriterend, geniet ek die nuwe reels van die skool.”

Ek beskou myself as hardwerkend en betroubaar. Een van my grootste stokperdjies is skaak. Ek hou baie van sport.
One Reply to “Die “nuwe normaal” van skool”
Goeie berig, Johnwill!😃