HSB neem afskeid

HSB neem afskeid


Juffrou Leana Rodrigues sal beslis gemis word. Foto: verskaf

31 Maart 2020 was me. Leana Rodrigues se laaste dag as onderwyseres by Hoërskool Bonnievale (HSB).

Juf. Leana was ‘n Afrikaansonderwyseres vir HSB se graad 8 to 10’s. Sy was ook skakelonderwyser van die Voorwaarts-redaksie en Redenaarspan.

Juf. Leana se man se werk het hom na Wellington verplaas en sy het ‘n pos by Hoërskool Wellington gekry.

Juf. Leana het matrikuleer aan HSB en ná haar studies hier kom skoolgee.

“Ek voel baie hartseer, want die skool verloor ‘n fantastiese onderwyser. Die graad 10-Brink klas gaan haar definitief mis,” is die woorde van Videlia Slingers, ‘n gr.10-leerder wat by juf. Leana klas gehad het.

Mnr. Henrico Hunter is in die plek van juf. Leana aangestel. Hy sê: “Die eerste keer het ek sommer tuis gevoel by HSB. Alhoewel dinge deurmekaar is in ons samelewing het ek reeds personeellede in die dorp ontmoet en lekker gesels.  So voel ‘n mens dadelik deel van die HSB-gesin.”

Lees meer oor mnr. Hunter hier.

Loading


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

one × 4 =

Voorwaarts Skoolkoerant
Verified by MonsterInsights