Kuns vs Musiek

Almal verkies seker kuns bo musiek vir Skeppende Kunste, of is dit anders om?
Met musiek kan jy jou emosies uitbeeld en sommiges sal hoor. Met kuns kan jy ook jou emosies uitbeeld, maar mense kan dit anders sien. Sommige sal byvoorbeeld dink dit beeld angstigheid uit, maar ander sal dink dit beeld ongelukkigheid uit.
Ek sal self eerder kuns verkies, want daar kan jy verskillende soorte verf of tekenmiddels gebruik soos olieverf, pastelle of selfs houtskool. Jy kan verskillende kontraste kry, skaduwees maak en met die kleure speel. Jy kan verskillende goed teken of verf, soos ‘n gesigstudie, stillewe, potloodskets of houtskoolskets.
In musiek kry jy weer verskillende instrumente en note. Daar is ook weer baie verskillende soorte musiek soos klassiek, geestelik of net iets met ‘n lekker ritme. Ongelukkig, as ‘n mens musiek neem, bind dit jou soms tot een musieksoort.
Musiek en kuns kan ook iemand se emosies uitbeeld. As ‘n persoon byvoorbeeld dalk stadige musiek luister, kan dit aandui dat daai persoon hartseer of ontsteld is. As iemand ‘n houtskoolprent teken wat baie donker is, kan dit aandui dat die persoon baie kwaad is. In baie lande word kuns meestal gebruik vir terapie as iemand deur ‘n traumatise gebeurtenis of tydperk was. Musiek kan ook help om trauma soos PTSD deur te werk. Die tipe musiek of kunswerk is verteenwoordigend van iemand se persoonlikheid. Nie almal het presies dieselfde smaak nie.
Musiek en kuns het ‘n snaakse manier om die beste in almal uit te bring. Die lekkerte van albei is dat oud en jonk gelyk dit kan doen en kan geniet.

Ek is mal oor diere, kuns, om met my vriende te kuier en geniet dit om te skryf en foto’s te neem.