CSV-kringleiers baljaar by kamp

Hoërskool Bonnievale (HSB) se CSV-kringleiers van 2020 was vanaf Vrydag 6 September tot Sondag 8 September by ‘n kringleierkamp.
Die kamp is te Merwespont gehou, ‘n plaas buitekant Bonnievale, geleë langs die Breederivier.
Mnr. en mev. Albert en Michelle van Zyl (beide onderwysers van HSB) het die kamp gereël en die leerders vergesel.

Tydens hierdie kamp het die kringleiers die nodige beplanning vir die nuwe termyn wat voorlê, gedoen.
Dit was ook ‘n geleentheid vir die leerders om mekaar beter te leerken en saam geestelik te groei.
Die naweek was gevul met aktiwiteite soos swem, vlugbal en waterballon-gevegte.

“Die CSV-kamp was baie lekker. Ek het so baie geleer en die kringleiers baie beter leer ken,” was die woorde van Angelique Rautenbach (gr.11).
“Dit was baie leersaam en het my opgewonde gemaak vir die jaar wat voorlê,” het Jean-Jacque du Preez (gr.10) na afloop van die kamp gesê.

![]()

Ek is mal oor die natuur en diere.